Monday 6 January 2014

RAS (Etniese Gebonde groep), 

ETNISITEIT, NASIE & VOLKSKAP

Selfbeskikking vir Afrikaners moet aan die internasionale standaarde voldoen voordat die wêreldlande enige erkenning aan die volk sal gee. Dit is dus belangrik dat ons presies weet wat die verskillende begrippe beteken voordat daar afgesit word op 'n pad wat dalk na nêrens lei nie.

RAS word ook verwys na Etniese gebonde groep, verwys na identifiseerbare fisiese verskille tussen mense. Alhoewel ras 'n basis vir identiteit kan wees (Kaukasiër, Oosterling, Swart) is dit 'n baie problematiese basis om eenheid te bewerkstellig (Viotti & Kauppi). Verskillende rassegroepe het verskillende waardestelsels en lewensuitkyke.Selfs die fisiese verskille maak dit baie moeilik vir verskillende rassegroepe om mekaar op 'n sentrale punt te ontmoet, soos blyk uit die onderstaande studie:“A review of the world literature on brain size and IQ by Rushton [Rushton, J. P. (1995). Race, evolution, and behavior: a life history perspective. New Brunswick, NJ: Transaction] found that African-descended people (Blacks) average cranial capacities of 1267 cm3, European-descended people (Whites) 1347 cm3, and East Asian-descended people (East Asians) 1364 cm3. These brain size differences, containing millions of brain cells and hundreds of millions of synapses, were hypothesized to underlie the race differences on IQ tests, in which Blacks average an IQ of 85, Whites 100, and East Asians 106. In the present study, the race differences in brain size are correlated with 37 musculoskeletal variables shown in standard evolutionary textbooks to change systematically with increments in brain size. The 37 variables include cranial traits (such as jaw size and shape, tooth size and shape, muscle attachment sites, and orbital bone indentations), and postcranial traits (such as pelvic width, thighbone curvature, and knee joint surface area). Across the three populations, the “ecological correlations” [Jensen, A. R. (1998). The g factor. Westport, CT: Praeger] between brain size and the 37 morphological traits averaged a remarkable r = .94; ρ = .94. If the races did not differ in brain size, these correlations could not have been found”.

ETNISITEIT Die verskil tussen volkskap/nasieskap en etnisiteit is dikwels moeilik om te verstaan omdat etnisiteit 'n subjektiewe begrip is; mense self doen die keuse of hulle tot 'n etniese groep behoort wat 'n gedeelde geskiedenis, kultuur en taal het. In Suid Afrika word daar bereken dat sowat 10 miljoen Swart inwoners reeds hulle etnisiteit prysgegee het ter wille van Engels en die westerse lewensbeskouing. Hierdie groep is veral saamgetrek in die groot metropole soos Johannesburg, Durban en Kaapstad.Ook in Afrikanergeledere is daar baie klemverskille wat etnisiteit betref en daarom verkies sommiges om hulself as Afrikaners te beskou terwyl andere hulself as Boere beskou. Dit is 'n natuurlike proses in etnisiteit waaraan taal, kultuur en geskiedenis gekoppel is.Diegene wat “Afrikanerskap” voorstaan beskou die Afrikaanse taal as fondament met die geskiedenis en kultuur wat sedert 1652 in die groep ontwikkel het as deel van hulle volkskap en identiteit. Diegene wat “Boerskap” voorstaan wys weer daarop dat daar verskille in die geskiedenis is tussen noordelike en suidelike Afrikaners (vgl. Die Groot Trek en die twee Vryheidsoorloë); wys daarop dat daar dialektiese verskille is tussen noordelike en suidelike Afrikaans; en verder ook dat daar sekere kultuurverskille tussen die twee groepe is soos ondermeer eet- en drinkgewoontes.Om sake verder te bemoeilik is daar ook 'n Engelstalige komponent wat sekere kultuurgoedere deel met beide die noordelike en suidelike groepe, maar nie 'n taal en geskiedenis nie. Voeg hierby ook dat daar 'n groep (die Kleurlinge) is wat die taal deel, groot gedeeltes van die kultuur, maar nie die geskiedenis nie.In die gemenereg wêreldwyd word etnisiteit beskryf as die identiteit, grootliks kultureel en taal, van 'n groep mense wat hulself ook identifiseer met 'n groter groep.Hiervolgens sal die “etniese Afrikaner” hom/haarself dus beskou as 'n Afrikaanssprekende met 'n gedeelde geskiedenis en kultuur – en dat hulle tot 'n groot mate hulleself ook identifiseer met die rasbegrip van Engelssprekende Suid Afrikaner en die taalbegrip van Afrikaanssprekende Kleurling.

VOLK- EN NASIESKAP word bepaal deur die fisiese grense waarbinne die groep hom bevind. In Afrika is dit veral 'n probleem omdat die koloniale moondhede landsgrense vasgestel het sonder inagneming van etnisiteit/stamme. 'n Voorbeeld is waar die Limpoporivier as grens vasgestel is wat die Tswana van Botswana en Suid Afrika geskei het al is hulle een enkele etniese groep. In Nigerië en Rwanda is hierdie grensvasstellings tot vandag 'n probleem.In Suid Afrika met sy 11 en meer etniese groepe skep dit oneindige probleme en kan dit nie hanteer word as 'n eenheidstaat (nasie) soos die ANC en DA voorstaan nie, omdat daar onderliggende spanninge is tussen Xhosa en Zoeloe, Afrikaner en Xhosa ens. Net soos Nigerië, Rwanda en Burundi moet die onderliggende verskille een of ander tyd tot uitbarsting kom. Een so 'n onderliggende verskil wat toegesmeer moet word om 'n eenheidstaat te behou is byvoorbeeld die kwessie van taal – terwyl Engels as wêreldtaal gepropageer word is ander tale soos Afrikaans uitgelewer aan diskriminasie (dit, terwyl Afrikaans deur 52% van die bevolking verstaan en gepraat word; meer as diegene wat Engels kan praat en verstaan).

VOLKE SONDER STATE is daardie etniese groepe wat streef na selfbeskikking maar gebondel is in nasies met gedeelde grondbesit. Die Palestyne, Kurde en Afrikaners is voorbeelde hiervan. Selfs in lande soos België tree selfbeskikking vir die Vlame al meer na vore. Lake en Rothchild se studie toon aan dat etniese konflik gewoonlik nie gaan oor die verskille in rasse/etniese groepe nie; dit gaan veral oor die onsekerheid oor die toekoms. Dit gebeur wanneer 'n etniese groep voel dat die oorhoofse regering nie beheer het oor die beskerming van die verskillende groepe nie. 'n Verswakte regering is die voorloper van etniese geweld. Lake en Rothchild het gevind dat die bedreigde etniese groep as eerste opsie vra vir internasionale beskerming, maar dat daar 'n onwilligheid en onvermoë is van die Verenigde Nasies en sy lidlande om op te tree. In die voormalige USSR reken hulle is daar tans sowat 27 miljoen mense wat hulself beskou as etniese groepe maar wat geen internasionale hulp kry nie.Die politieke ontleder Van Evera meen dat, afhangende van die regering se bereidwilligheid om etniese groepe te erken en te beskerm, dit onvermydelik uitloop op konflik en uiteindelik op burgeroorlog.

No comments:

Post a Comment