Thursday 9 January 2014

Duitsers gebruik Anglo Boereoorlog in die tweede wêreldoorlog om Britte te striem.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland 'n rolprent oor die Anglo-Boereoorlog vervaardig om as propaganda wapen teen die Britte in te span. Dit is klaarblyklik nogal waarheid getrou. Die rolprent word sedert die einde van die wêreldoorlog agter slot en grendel gehou sodat die publiek nie daarvan mag weet nie.Martiens van Bart vertel meer.

In die Tweede Wêreldoorlog is die nuutste tegnologie vir oorlogvoering gebruik. Dit was ook die geval met propaganda as sielkundige wapen in die stryd tussen Duitsland en sy bondgenote teen die Britse Ryk en die Geallieerde Magte.
Een van die propaganda-media was die rolprentbedryf, wat in sy kinderskoene gestaan het. Brittanje en Amerika het met minder sukses geprobeer om die Duitsers as 'n nasie van Nazi-sadiste uit te beeld. Weens die growwe veralgemening en oordrywing van dié uitbeelding het dit misluk.

Maar toe slaan Duitsland terug met groot sukses. Die rede: Hy het die Britse verguising van die Boere-republieke 40 jaar tevore as onderwerp aangegryp - en dus glad nie nodig gehad om te veralgemeen of te oordryf nie.
'n Aangrypende rolprent, Ohm Krüger, wat sedertdien agter slot en grendel van die publiek weggehou word, is vervaardig met indertydse voorste Duitse akteurs in die rolverdeling. Die Duitse minister van propaganda, Josef Goebbels, was persoonlik betrokke by die samestelling van die draaiboek en die verfilming.

Die hoofrol is gespeel deur Emil Jannings as pres. Paul Kruger van die Transvaalse republiek.
In die rolprent is die sug van die aartskapitaliste Cecil John Rhodes, Alfred Milner en Joseph Chamberlain na die goud van Transvaal as hoofoorsaak van die oorlog deeglik uitgewys. Die konsentrasiekampe waarin die Boerevroue en -kinders ingehok is, speel 'n sentrale rol in die verhaal.

Die misdade van die Britse soldate en die rol van die Britse sendelinge om die swartes teen die Boere op te sweep en hulle om te koop om as gewapendes aan die kant van Brittanje te veg word ook in die verhaal ingeweef.
Victoria word uitgebeeld as 'n hart vogtige en geldgierige whisky drinker - inderdaad 'n nogal waarheid getroue uitbeelding.
'n Dramatiese by verhaal is egter 'n bietjie vergesog: Paul Kruger se seun is aanvanklik teen die oorlogspoging van die Boere gekant. Wanneer 'n Britse soldaat egter probeer om sy vrou te verkrag, word hy 'n oortuigde bekeerling vir die Boere-saak. Sy vrou word in 'n konsentrasiekamp gegooi en toe hy haar probeer besoek, word hy gevang en op 'n koppie in die kamp aan 'n boom opgehang. Hy sterf met die kreet: "Ek sterf vir die Vaderland!''

Kruger word as 'n Bybelse profeet uitgebeeld wat vir die vryheid van sy mense stry. Hy raak selfs met sy eertydse vyand, Lobengula, wat deur Rhodes uit Zimbabwe verdryf is, versoen in die aangesig van die gemeenskaplike vyand, die Britse Empire.
In skrille kontras met die profeet agtige Kruger word die Britte uitgebeeld as agterlike skurke sonder 'n greintjie integriteit. Die rolprent eindig wanneer Kruger dramaties aankondig: ``Ons is 'n klein volkie, maar groot nasies sal teen Brittanje opstaan en hom verpletter. Dan sal die wêreld skoon wees en kan almal 'n beter lewe lei.''
'n Weense plakkaat gedateer Januarie 1942 wat die vertoning van Ohm Krüger aankondig, is onlangs op die internet te koop aangebied.
Daarop word in Duits aangedui dat die meesterstuk van die akteur Emil Jannings ``die rolprent vir die nasie'' is. "Die verhaal van die Britse verkragting van die dapper klein Boerevolk'' word as 'n "historiese egtheid voor die oë van die Duitse volk afgerol''. Kinders van 14 jaar en jonger word nie by die vertoning van die rolprent toegelaat nie.

Naas Jannings, was die ander rolprentakteurs Lucie Höflich, Werner Hinz, Gisela Uhlen, Ernst Schröder, Friedrich Ulmer, Eugen Klöpfer en Flockina von Platen.

Die suggestie van die rolprent dat die Britse soldate Boerevroue verkrag het, is geensins 'n oordrywing nie. In teendeel, die ware toedrag van sake was veel erger as wat in die rolprent beweer is.
n die Christiaan de Wet-annale nr. 10 is 'n uittreksel uit die oorlog dagboek van George E.S. Liversage van 29 September 1899 tot 4 Januarie 1900 onder redaksie van dr. A.E. Faul Bosman gepubliseer.
Op Sondag 26 November 1899 teken Liversage soos volg aan: ``Op die dag voordat ons op Zandspruit aangekom het, het die lansiers (17th Lancers) na De Waal se plaas gegaan en hom, sy vrou en twee dogters gedwing om saam met hulle te gaan seggende dat hulle Boere-spioene is.

Hulle het die twee meisies (een was nog nie 15 jaar oud nie) ongenadiglik verneder toe hulle Ladismith bereik het. Hulle het De Waal in die tronk gesit en die meisies van hul moeder weggeneem.
Die meisies het later daarin geslaag om te ontsnap. Hulle was in 'n wanhopige toestand, feitlik naak, heeltemal hartverskeurend en het aan ernstige beserings gely.
Die moeder het op Ladismith gesterf en die vader word erger as 'n misdadiger behandel.

Wat die meisies moes deurstaan, is so aaklig dat ek dit nie kan neerskryf nie, maar die Goeie God slaap nooit en sal die berowers van die eer van hierdie vroue vergeld volgens hul verdienste.
Hulle sê ons maak oorlog teen 'n Christelike en beskaafde nasie, maar . . . die jongste meisie is (onder meer) in een nag deur tien Britse offisiere verkrag.''

http://www.youtube.com/watch?v=W_-5fHmOMxA



No comments:

Post a Comment