Wednesday 2 April 2014

WIE IS DIE VERDELERS?


In Suid-Afrika is daar duidelik twee waarneembare groepe wat aspireer na volkskap- Boere en Afrikaners.
’n Volk kan nie bestaan sonder grondgebied van sy eie nie. Beide Boer en Afrikaner het hulle grondgebied verloor. Die Boerevolk in ’n uitwissingsoorlog van 1899-1902 toe hulle vrouens en kinders in konsentrasiekampe toegelaat is om van honger en siektes te sterf. Helfte van die kinderbevolking van Transvaal en die Vrystaat is uitgewis Dit in ’n poging om die land se mineralerykdomme in die hande te kry. Grondroof is gepleeg deur die twee Boere-republiek te annekseer en uiteindelik saam met twee Britse kolonies,die Unie van Suid-Afrika te maak. Dit het later die RSA geword wat deur Afrikaners oorheers wassteeds as Britse onderdane! Van 1902 tot vandag toe bestaan die twee Boere-republieke as grondgebied van die Boerevolk nie meer nie. Dit beteken egter nie dat dit ook die einde van ons aspirasies om vry te wees is nie!
Die Afrikaners wat die oorhand in die Unie van Suid-Afrika gehad het, het eers in 1961 danksy die Nasionale Party en wyle dr. Verwoerd, ’n “Republiek” kon stig. Dit was duidelik ’n voortsetting van die Unie van Suid-Afrika, net onder ’n ander naam en sonder die Britse konneksie. Dit het net gehou tot in 1994 toe die einste Afrikaners deur konkel en knoei en laagverraad hulle Republiek afgeskryf en op ’n skinkbord aan die ANC en Bolsjewiste oorhandig het. Daardie Afrikaners is vandag nog met ons. Weliswaar in twee kampe- die ja-stemmers en die nee-stemmers. Die ja-stemmers tevrede met hulle nuwe bedeling en die nee-stemmers op soek na ’n lappie aarde wat hulle graag onder “selfbeskikking “ van hulle heer en meester, die ANC sal wil ontvang. Dus, ’n nuutskepping, net so nuut soos hulle benadering oor ’n Boere-Afrikanervolk! Iets wat nog nooitbestaan het nie! Nie eers ’n begeerte om hulle ou veelrassige republiek te hernuwe nie!
Die gewese Boerevolk daarenteen, is besig om in al groterwordende getalle, die herstel van die twee Boere-Republieke op te eis en ’n nuwe aandrang op Vryheid op die tafel te plaas. ’n Voortsetting van die stryd van ons voorsate wat in 1902 opgeskort is. Dit spreek vanself dat die tye verander het met ’n nuwe besettingsmag om mee rekening te hou. Die Britse aandeel aan ons Boervolk se knegskap, staan egter nog.
Enigeen wat die bestaan van twee aparte “volkere” wil ontken, misken die geskiedenis. En enigeen wat wil voorgee dat Boer en Afrikaner dieselfde is, is besig met ’n gruwelike mistasting. Daarom kan daar nie sprake wees van “verdelers” net omdat die Boervolk wil terugkeer na sy wortels toe nie en verloopte en verwarde Afrikaners graag die meerderheid “plakkers” iewers wil wees nie!
Die Boerevolk se eis is ’n regmatige eis. Die probleme wat daarmee gepaardgaan is ons s’n en die oplossing daarvan sal ook ons s’n wees sonder die inmenging van Afrikaners. Mense wat iets “bymekaar” wild wing wat nie uit innerlike oortuiging bymekaar hoort nie, is die ware verdelers en onminsaaiers!
Laat my volk trek!
Piet Rudolph vir Boere-Republiekeine : e/pos piet.rudolph@gmail.com

No comments:

Post a Comment