Friday 14 March 2014

Siener: Ek noem vir julle die tekens ... By Adriaan Snyman



  • Wladimir Poetin
    Op ‘n vraag van mnr. Boy Mussmann aan Siener wanneer die Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek, was sy antwoord: “Handelinge 1:7 sê vir ons — ‘Dit kom jul nie toe om die tye en geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie…’ Daarom noem ek nie vir julle ’n datum nie, maar ek noem vir julle die tekens en daaraan sal julle weet wanneer die Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek.”
    Kom ons kyk nou na ‘n paar van hierdie “tekens” waarna hy verwys het.
    Siener het gewaarsku dat dinge in Oos-Europa (Rusland) en bo in Afrika vóór hierdie laaste groot oorlog lelik verkeerd gaan loop. Hy gewaar ’n pot op die vuur in die suidweste van Afrika, wat beteken dat bloedige etniese geweld daar weer in al sy felheid gaan opvlam.
    Maar dinge sal dan baie erger en hagliker in Rusland wees, want dáár sien hy ‘n “ontsaglike burgeroorlog” en terwyl dit aan die gang is, sal die wêreld net magteloos staan en toekyk.
    Daardie gesig oor gebeure bo in Afrika en Rusland is dalk besig om letterlik in vervulling te gaan met die burgeroorloë wat weer die suidweste van Afrika (Suid-Soedan, die DRK en Mali) losgebars het. En saam daarmee dreig skielik ook ‘n volskaalse burgeroorlog in die Oekraïne. (Toe Siener hierdie gesig gehad het was die Oekraïne nog deel van die Sowjetunie; dit het eers in Aug. 1991 onafhanklikheid verkry).
    Mnr. H.J. Dreyer van Senekal wat in die twintigerjare van die vorige eeu met Siener oor sy visioene gekorrespondeer het, het gedurende die 2de Wêreldoorlog van hierdie gesigte en verklarings in die Volksblad gepubliseer. Aan hom het Siener ook verduidelik dat wanneer hy ‘Europa’ in ‘n gesig sien, sluit dit nie net lande in soos Italië, Spanje, Engeland, Frankryk en Duitsland nie, maar ook Noord-Afrika en Japan.
    Hy het dikwels gepraat van groot geldkrisisse wat die VSA en Europa ekonomies nog sou vernietig; van burgeroorloë wat daarop sal volg en ‘n skrikwekkende hongersood wat veral vir Engeland (die rooi bul) katastrofies sal wees.
    Die meeste van sy gesigte oor Amerika hou egter verband met oorlog (spanne witrugosse — Amerikaanse troepe) en hy het hulle op verskeie plekke in die wêreld gewaar. In een van sy belangrikste “oorlogvisioene” oor die VSA, sien hy ‘n span witrugosse trek na die ooste met ’n kaffertjie (Neger) as hulle touleier.
    Hierdie gesig kon eers bewaarheid word nadat Barak Obama in 2009 as die 44ste president van die VSA ingesweer is (nieteenstaande die konstitusie wat bepaal dat die president ‘n Amerikaanse burger van geboorte moet wees. Obama is in Kenia gebore). Eers na sy inhuldiging het die VSA se neo-kolonialisme in alle erns koers gekry met die Arabiese Lente-opstande —’n term wat gebruik word vir die revolusionêre golf van rebellie en burgerooloë wat op 18 Desember 2010 in die Arabiese wêreld begin het.
    Die “oorlogvisioen” hierbo met die Neger as touleier, voorspel Siener dat hierdie “touleier” in een of ander stadium sy eie kop wil volg, maar die osse sal nie daarmee gediend wees nie en na ‘n anderkant toe beur. Uiteindelik spring die osse om en is “die hele span deurmekaar en onklaar; hulle maal in ‘n bondel, trap die leier plat en hy verdwyn dan heeltemal”. Daarna sien oom Klasie die aarde word swart aan die westekant…
    Verklaring:
    Sedert George Washington in 1789 as die eerste Amerikaanse president ingesweer is, het 42 blanke Amerikaanse burgers hom opgevolg. Maar met die steun van die Jode word Barack Obama die eerste Nerger president in 2009 en neem as “touleier” by Bush oor. Onder sy leiding sit Amerika sy ekspansionisme voort en is die witrugosse (Amerikaanse leër) ook direk betrokke by al die revolusies in Arabië. Maar wanneer hierdie swart “touleier” die Amerikaanse weermag in ‘n spesifieke rigting wil dwing, skop hulle vas deur van hom ontslae te raak en dan neem ‘n blanke touleier weer oor.
    Dit lyk dus na ‘n voldwsonge feit dat sekere van Barack Obama se beoogde oorlogsplanne soveel teenkanting van die weermag gaan kry dat hy met geweld uit die weg geruim sal word. “Die aarde is dan swart aan die westekant” — dis waarskynlik die burgeroorlog wat dan daar uitbreek.
    Reuters berig op 3 Maart 2014 dat die moontlikheid van ‘n wêreldkonflik op ‘n mespunt gebalanseer is nadat president Wladimir Poetin in hoërhuis van die Russiese parlement aangekondig het die Kremlin mobiliseer vir oorlog en dat hy die reg het om die Oekraïne “in te val”.
    Volgens Westerse mediabronne is daar reeds 16 000 Russiese troepe op die miltêre basis naby die Swart See-hawestad Sewastopol, ontplooi; maar hulle maak geen melding daarvan dat hierdie basis nog al die jare onder beheer van die Kremlin is nie en dat daar ‘n sterk permanente vlootmag gestasioneer is nie.
    Om ‘n Russiese aanval op die Oekraïne te “stuit”, het troepe uit die Weste in Lviv (‘n belangrike industriële sentrum in die Oekraïne) begin land en op 7 Maart het ‘n kuswagboot die Amerikaanse geleide missiel-torpedojaer, die USS Truxtun, deur die Straat van Bosporus na die Swart See vergesel — glo vir ‘n beplande “militêre oefening”.
    Ter verduideliking hiervan sê Obama: “Ons is nou diep bekommerd oor aanduidings van militêre bewegings wat die Russiese Federasie in Oekraïne onderneem het. Die VSA sal saam met die internasionale gemeenskap staan en daar sal “kostes” wees vir enige militêre ingryping in Oekraïne.”
    Met “kostes” het hy verwys na wêreldwye sanksies wat teen Rusland ingestel kan word.
    Poetin hou egter vol dat sy troepe nie betrokke sal raak nie en slegs in die gebied ontplooi is om die lewens van Russiese burgers en militêre personeel in die Krim-gebied te beskerm. Hy het op sy beurt gewaarsku dat sanksies teen Rusland hom kan dwing om die Russiesbeheerde Gazprom se gastoevoer na die Oekraïne en Europa af te sny, wat, volgens die Financial Times, veral Europa oornag in sy grootste kragkrisis kan dompel.
    Poetin beskou ook die landing van Westerse troepe in die Swart See en Obama se uitlatings as ‘n bedekte oorlogsverklaring teen die Sowjetunie.
    Die Krim-skiereiland is vir Rusland strategies van kardinale belang. Sy westerse vloot is hier in die Swart See-hawestad Sewastopol gestasioneer en dis ook die enigste streek in Oekraïne waar die meerderheid van die bevolking etniese Russe is.
    Die jongste verwikkelinge volg op weke se bloedige onluste in Kiëf, waarna die land feitlik in twee geskeur is en Wiktor Janoekowitsj, die Oekraïnse president, inderhaas uit Kiëf moes vlug. Hy skuil nou in die Russiese stad Rostof-aan-die-Don.
    Die Oekraïne se probleme het in November begin toe Janoekowitsj ’n handelsoorkeenkoms met die Europese Unie van die hand gewys het om die land polities nader aan die EU te posisioneer as aan die Kremlin.
    Die omvang en erns van die spanning het nou verder gestalte gekry in die VSA se besluit om Rusland openlik uit te daag.
    John Kerry, staatsekretaris van die VSA, het op die CBS program, Face the Nation, gesê Putin het op valse voorwendsels ‘n ander land binnegeval en dat die VSA dit beskou as ‘n “ongelooflike daad van aggressie” en bygevoeg dat die G8 lande en ander nasies tot die uiterste sal gaan om Rusland te isoleer.
    Hy het skynbaar vergeet dat Amerika self die afgelope dekade reeds meer as ‘n dosyn ander lande op “valse voorwendsels” binnegeval het ― dink maar aan Afganistan, Irak, Libië en nou weer Suid-Soedan en die DRK waar ‘n brigade van 5 000 Amerikaanse soldate aangekom het om die land glo te stabiliseer. Ander brandpunte in Afrika waar die VSA ook betrokke is, is Mali en Somalië.
    Poetin se pa was lid van die SS gedurende die 2de Wêreldoorlog en sy huistaal is vandag nog Duits.
    Poetin lewer ‘n judo demonstrasie by die Kodokan Instituut. Hy dra ‘n 6de Dan swartgordel in die sport.
    Nadat hy in 1999 aangwys is dat die nuwe Russiese premier was hy betrokke by drie oorloë met buurstate wat voorheen deel was van die Kremlin. As oud-KGB agent was hy ‘n onverskrokke leier en vegter; maar sowat twee jaar gelede het daar ‘n kentering in hom plaasgevind wat selfs sy intiemste vriende en oud-kollegas in die KGB nie kan peil of verklaar nie. Alhoewel hy self nog nooit daaroor wou praat nie, het iets daarvan tog deurgeskemer tydens sy staatsrede voor die Russiese parlement in Desember 2013. Hy het konserwatiewes regoor die wêreld verseker dat Rusland gereed is om op te kom vir “gesinswaardes” teen die gety van liberale, Westerse, pro-aborsie- en gay-propaganda “wat van ons vereis om sonder voorbehoud die gelykheid van goed en kwaad te aanvaar”.
    Verder het hy belowe hy sal “tradisionele waardes, wat duisende jare lank die geestelike en morele fondament van die beskawing in elke nasie was, beskerm”; en hy het dit benadruk dat sy boodskap nie net op Russe gemik is nie, wat natuurlik reeds wetlik beskerm word teen “die bevordering van nie-tradisionele verhoudings” deur onlangse wetgewing, maar ook vir “die groeiende getal mense regoor die wêreld wat ons posisie ondersteun”. Hy beskou die gebeure wat nou in die Oekraïne afspeel, nie net as ‘n stryd tussen Oos en Wes nie, maar as ’n kultuuroorlog tussen konserwatiewes en liberales.
    In sy toespraak voor die doema het hy die 19de-eeuse konserwatiewe denker Nikolai Berdjajev aangehaal: “Konserwatisme stuit nie beweging vorentoe en opwaarts nie, maar dit stuit beweging terugwaarts en afwaarts na chaotiese duisternis en ’n primitiewe toestand.”
    ’n Onlangse verslag van die Sentrum vir Strategiese Kommunikasie, ’n denkskrum met Kremlin-bande, som Poetin se ambisie netjies op. Dis getiteld “Poetin: Wêreld-konserwatisme se nuwe leier”.
    Die verslag beweer “’n groot, stille meerderheid regoor die wêreld verkies tradisionele gesinswaardes bo feminisme en gay-regte. Poetin is hul natuurlike leier”.
    Brian Whitmore van Radio Free Europe, sê op sy beurt weer: “Die Kremlin glo hy het die beste wig gevind om tussen sy opponente in te dryf en om sy ondersteuners te verenig, in Rusland en in die Weste, én om steun te werf in ontwikkelende lande. Hulle glo hulle het die ideologie gevind wat Rusland se regmatige status as ’n groot mag met ’n Messiaanse taak sal hervestig.”
    Poetin se lokroep is beantwoord uit onverwagse oorde. Die konserwatiewe Amerikaanse kommentator en eens opperste anti-kommunis, Pat Buchanan, was ’n argitek van die Reagan-era se Moral Majority-beweging wat die opkoms van die “Christian Right” in Amerika as ’n politieke mag ingelui het. Nou loop hy oor van lof vir Poetin se “paleo-konserwatiewe beweging”.
    Larry Jacobs, hoof van World Congress of Families, meen “Rusland kan ’n wonderlike vriend vir ons wees, veral as dit kom by kwessies soos gesinswaardes, aborsie, die versterking van huwelike en die aanmoediging van gesinne om meer kinders te hê.
    “Teenstanders van die regering in Kiëf skaar hulle by die Europese Unie (EU) met sy “moderne demokratiese liberale waardes” wat gay-regte insluit. Regeringsondersteuners skaar hulle weer by Rusland en dra baniere met slagspreuke soos “Euro = homo”.
    “Dit is die slagveld waaroor Poetin sy konserwatiewe vaandel laat wapper…”
    Hy staan nou voor sy grootste toets as enigste wêreldleier wat vir die behoud van morele en sedelike waardes veg, en dit kan baie maklik ‘n burgeroorlog tot gevolg hê wat weer op sy beurt die wêreld aan die brand kan steek.
    Professor Francis Boyle, ‘n Professor in Internasionale wet aan die Universiteit van llinois, het gewaarsku dat “’n burgeroorlog in die Oekraïne kan lei tot ‘n slagting wat die gebeure in Joegoe-Slawië na kinderspeletjies sal laat lyk!
    “Poetin is ‘n intellektuele reus in vergelyking met Obama wat hoegenaamd geen erg het aan sy volstruispolitiekgestremde kiesers met wie hy geen bloed-, kultuur- of volksbande het nie. Hulle wat sy salaris betaal, daarvoor sorg dat hy in weelde leef om die voorregte van ‘n Westerse beskawing ten volle te kan geniet; iets waarvan nóg hy nóg sy land van geboorte, Kenia, ooit geweet het; of van wie hy tot op datum nog nie ‘n bloute duit ontvang het nie”.
    (Hier by ons het Mandela, Mbeki en Zuma ook net so gedoen. Almal teen wie hulle gedurig vloek en so haat, doodwens, vertrap, beroof, verkrag en vermoor, is juis dié wat moet regstaan en opdok vir elke vet salaris, elke blink kar en elke Nkandla!)
    Poetin is lojaal teenoor sy volksgenote en wat hy doen, doen hy vir sy God, en tot hulle en Moedertjie Rusland se beswil. Obama doen weer sy bes om die Amerikaanse volk (sy grootste vyand), van hulle God te vervreem; hulle kaal te stroop en die land te plunder. Maar steeds buig hulle die knie voor hierdie gay, anti-god, anti-Yank, anti-wit Iskariot, met die ydel hoop dat hy hulle van die volkspatriot, Poetin, sal verlos.
    Sedert die Oekrane-opstand klink hulle “Heil Obama!”en “Hosanna, Michelle!” eerder na die flou, doodsroggeling van verlore Westerlinge.
    Hoe raak dit ons?
    Teen dié tyd behoort dit duidelik te wees dat Suid-Afrika nie weer soos in die vorige twee wêreldkonflikte die voorreg gaan hê om ongeskonde daarvan af te kom nie. Siener het dit ook bevestig toe hy gesê het dat as die laaste groot oorlog goed op dreef is, begin ons dinge.
    Die “tekens” waarvoor ons moet uitkyk, is o.a. (1) die media wat ons in die duister hou oor wat in die land aangaan; (2) ‘n wêreldwye finansiële krisis; (3) die uittog van die laaste blankes in Zimbabwe (4) groot mynstakings; (5) ‘n geelperske reën; (6) algemene kragonderbreking en (7) ‘n tyd dat die blanke wat die wa deur die drif moet sleep, nakend uitgetrek gaan word en alles sal verloor.
    (1) Die media is besig met ‘n fyn sielkundige spel om inligting van ons weg te hou ― Siener het voorspel dat dit gaan gebeur. Die media-base het gehoop dat as die stakers nie meer al die aandag en blootstelling op TV en in die koerante kry nie, hulle mettertyd ook hulle lus sal verloor om in die strate te bokspring. Maar ongelukkig het dit nie hierdie keer gewerk nie. Slegs gedurende die eerste paar dae na die aanvang van die AMCU-mynstaking, het die media daaroor berig en kon ons letterlik op TV en in die koerante “sien” hoe vure dwarsoor die land uitslaan. Die beriggewing daaroor het egter net so skielik weer opgedroog sodat baie van ons mense vandag onder die indruk verkeer dat die vure vanself geblus het en die stakings ook reeds iets van die verlede is. Maar dis besig om te vereger.
    (2) Finansies. Siener het gewaarsku dat ons geld eendag nog minder werd sal wees as plakpapier. En dit kan net gebeur as ‘n algehele ekonomiese ineenstorting plaasvind. Kyk ons na die wêreld se totale skuldlas dan weet jy so ‘n ineenstorting kan nie meer gekeer word nie, want net in die afgelope sewe jaar het dit met 40% opgeskiet tot ‘n astronomiese $600 triljoen.
    Finansieel is die ganse wêreld reeds bankrot. Die grootste struikelblok op die mens se lewenspad, is sy onversadiglike begeerte na geld. Die Bybel waarsku dan ook dat geld die wortel van alle kwaad is. Dit sê nie die begeerte na rykdom of besittings is die wortel van alle kwaad nie. En dis opvallend dat die aartsvaders feitlik deur die bank groot rykdom en besittings gehad het; maar hulle het dit as dood normaal aanvaar. Maar in ons dag het geld en die geldsisteem die plek ingeneem van ‘n talisman en waak elkeen daaroor soos ‘n jaloerse god — heeltemal onbewus daarvan die die Ewig-Lewende self ‘n jaloerse God is wat die geldaanbidder se derde en vierde geslag sal besoek met armoede, ellende en bankrotskappe!
    (3) Blanke boere in Zimbbwe. Die laas klompie oorblywende blanke boere in Zimbabwe is op 14 Januarie deur die Zanu PF se provinsiale leier, Temba Miliswa, in ‘n ultimatum tot 15 Mei gegee om uit die land pad te gee. Siener het gesê as dit gebeur, begin ons dinge.
    (4) Die mynstakings. Dit het op 24 Januarie 2014 afgeskop en sommer op die eerste dag al het die polisie in Noordwes gesê daar was voorvalle van geweld deur die sowat 70 000 lede van die vakbond Amcu. Die mynbase verloor bykans R400 miljoen rand per dag weens die staking. In ‘n desparate poging om dit te bendig, is daar op 5 Maart ‘n aanbod van 7% verhoging aan die vakbondleiers voorgelê, maar hulle het dit summier van die hand gewys. Intussen is Numsa en Cosatu in ‘n hewige stryd gewikkel oor die moontlikheid dat Numsa uit Cosatu geskop kan word. Numsa beplan nie net om ‘n eie politieke party te stig nie, sy algemene skretaris, Irvin Jim, het Sondag aangekondig die vakbond en sy filiale is besig om te mobiliseer vir ‘n reuse en langdurige staking later vandeesmaand. Hy het gewaarsku hulle is “goed onderweg om die werkersklas in al hulle formasies te verenig vir ‘n radikale implimentering van die Vryheidsmanifes se beginsel teen neoliberalisme…Hierdie algemene staking wat op 19 Maart begin, sal die ware krag van die werkersklas illustreer…”
    In die sewende week van die AMCU-staking in die platinumbedryf, het stakers reeds R3 miljard aan lone verloor en mynmaatskappye ongeveer R7.8 miljars aan inkomste. Die president van AMCU, Joseph Mathunjwa, sê werkers is gereed om die staking voort te sit. “Die laaste ses weke wat ons gestaak het, was maar net ‘n opwarming en die werklike staking begin nou eers!” Die hoofonderhandelaar van die Kamer van Mynwese, Elize Strydom, het op haar beurt gesê “daar is geen manier waarop die mynmaatskappye aan AMCU se eise kan voldoen nie, en as ons nie tot ‘n vergelyk kan kom nie, sal van die skagte gesluit moet word en werkers hulle werk verloor.”
    (Kan hierdie dalk Siener se “groot” staking wees?)
    (5) Engeland se ondergang. Is Engeland besig om onder die see weg te sink? Die uiterste weerverskynsels wat vandag oral op die wêreld voorkom, val saam met die die profeet Esegiël se waarskuwing: “en daar sal ‘n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging…” Die Messias sluit hierby aan waar Hy in Mat 24 sê “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë … die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke … En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie…” Elkeen van hierdie profesieë is vandag se koerantopskrifte.
    ‘Klik’ om te vergroot
    Engeland is einde verlede jaar vir meer as ses weke lank deur die ergste reënvloede in 120 jaar geteister en na raming het sowat 13% van sy kuslyn onder die see verdwyn. By die kus van Hampshire tussen Boscombe en Bournemouth, was daar ‘n aardverskuiwing wat ‘n kranswal van meer as 20 meter breed letterlik afgeskeur en in die see gestort het. Die boere van Somerset wat met die verwoestende lente- en herfsres van 2012 feitlik alles verloor het, het met die onlangse katastrofiese vloedreëns weer al hulle oeste verloor. Die meeste van hulle sê dat hulle hierdie verwoestende terugslag nie sal kan oorleef nie.
    Somerset voor en na die vloed.
    Hal Wanless van die Miami Universiteit se geologiese wetenskapdepartement het gewaarsku dat ‘n skielike katastrofe kan gebeur as die Antarktiese massiewe Thwaites-gletser, wat deur ‘n ondersese rif in plek gehou word te eniger tyd deur die stygende waters losgeskeur word. In die warm waters sal die ys smelt en golwe so hoog as 75 meter oor die oostelike kusgebiede van Engeland stoot. Londen en ‘n groot deel van Engeland sal dan onder die water verdwyn.
    So lyk die grondverskuiwings by Happisburh in Engeland na die vloederosie
    Siener het voorspel dat dieselfde lot wat die strydwaens en ruiters van Farao se hele leërmag getref het, ook Engeland se lot sal wees en dat geeneen van hulle sal oorbly nie.
    (6) Algemene kragonderbrekings. Ons het in die verlede al dikwels berig oor die dramatiese agteruitgang van Eskom se kragstasies. Tot dusver het Eskom geen redes verstrek vir die toedrag van sake nie. Maar nou begin daar stemme uit Eskom se hoofkatoor opgaan wat openlik verklaar dat die kragverskaffer binne afsienbare tyd nie meer die vermoë gaan hê om “die ligte te laat brand nie”
    Professor Rosemary Falcon, wat al 35 jaar lank steenkoolnavorsing doen, het aan die Mining Weekly Online gesê Eskom se kragstasies word nou voorsien van die swakste gehalte steenkoolon in die wêreld, terwyl Suid-Afrika sy topgehalte steenkool na Indië (en Brittanje) uitvoer.
    Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die plan om steenkool van die Waterbergmyne in Mpumalanga se kragstasie te gebruik omdat die gehalte daarvan baie wisselvallig is en kragstasies uieindelik kan vernietig.
    In die dae van die slegte apartheid het Eskom-kragstasie reserwe steenkoolvoorraad van tot ses maande gehad. Nou is die situasie so erg dat die vragmotor die steenkool direk op die voerbande moet af laai; verder beskik Eskom lankal ook nie meer oor sy eie vragmotors nie en buite-kontrakteurs vervoer tans die steenkool na die onderskeie kragstasies.
    (7) Ons is nakend. “Wat ek jou nou gaan vertel, het ek nog met niemand oor gepraat nie, en jy moet maar stilbly, want die mense sal jou tog nie glo nie … Ons gaan vorentoe nog ’n swart regering kry, en dan alles verloor — alles!”
    Dr. Anthea Jeffery, hoof van spesiale navorsing van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het blankes gewaarsku dat ’n nuwe wetsontwerp die grond onder jou voete kan uitpluk — en die Grondwet sal jou nie kan beskerm nie. Die wetsontwerp op die bevordering en beskerming van beleggings is in wese niks anders as ’n dekmantel vir onteiening nie. Op die oog af is dit bloot wetgewing wat Suid-Afrika se bilaterale beleggingsverdrae met Europese lande gaan vervang. Maar saam met die wysigingswetsontwerp op die herstel van grondregte is dit ’n “skrikwekkende onteieningsmaatreël wat op sy ergste die einde van private eiendomsreg in die land kan beteken. Dit strek veel wyer as grond – álle beleggings en bates wat deur die wetsontwerp gedek word, word geraak”. Die beleggings word breedweg gedefinieer as maatskappye, aandele, grond, mynregte en soortgelyke permitte en lisensies, sê dr. Jeffery.
    Sy glo dat die regering met die wetsontwerp hom regmaak om op private eiendom beslag te lê “wanneer die politieke druk op die ANC so groot is dat hy vrees dat hy ’n verkiesing gaan verloor”. Die misleidende beleggingswetsontwerp is in November 2013 deur die departement van handel en nywerheid in die Staatskoerant gepubliseer. Die drie maande vir openbare kommentaar het verstryk en sedertdien het geen haan nog daaroor gekraai nie.
    Die jongste nuusgebeure dui dan ook op niks minder as ‘n oorlogsverklaring teen die blanke in Suid-Afrika nie.
    Gebeure soos die heropening van die grondseise, die nuwe wet wat die staat magtig om enige eiendom te konfiskeer sonder vergoeding, die wet op “gelyke indiensname” wat geografiese indienskwotas wil afdwing, die uittartende uitsprake van die EVV, die mening van pres. Zuma dat dit nie nodig hoef te wees dat grondeise bewys moet word nie, ens, dra onmiskenbaar die tekens van burgeroorlog.
    Op 5 Mei 1921 het Siener ’n gesig gehad van ’n span vaal donkies wat ’n wa deur ’n moddervlei trek; die wa sebriek is aangedraai, maar die donkies trek die wa deur. Wanneer Siener van vaal donkies in die algemeen praat, verwys dit na die Boervolk.
    Met hierdie gesig het hy die nagmerrie gesien wat nou reeds vir ons ’n werklikheid geword het. Ons is gedwing om van die wa af te klim; en die touleier en sy makkers het nie net opgeklim nie, maar ook nog die briek (of skroef) aangedraai. En ons sal die wa deur daardie MODDERVLEI moet sleep, of ons nou wil of nie!
    Na die begrafnis van die beroemde swart man het daar “nakende mense” in Siener se visioen verskyn — d.w.s. mense wat niks meer op hulle naam het nie en reeds alles verloor het…

No comments:

Post a Comment