Tuesday 13 May 2014

   TRANSVAALSE SEPARATISTE

   deur Theuns Cloete
TRANSVAALSE SEPARATISTE (Ou1983 dok)

ZAR Vierkleur

ONS STRYD

TRANSVAAL BEHOORT AAN DIE BOERVOLK
ONS STRYD IS VRYHEID
GROND IS VRYHEID
DIE PRYS VAN VRYHEID IS JOU ERFPAG AAN DIE OPKOMENDE GESLAG
VRYHEID BETEKEN SELFWERKSAAMHEID
'n VOLK IS NIE 'n SOSIOLOGIESE, HUMANISTIESE OF VERGEESTELIKE BEGRIP NIE
'n VOLK IS 'n ETNIESE GROEPERING
EENHEID IS VERVLEG MET VRYHEID
VERDEELDHEID LE IN POLITIEKE PARTYE
HULLE WIE SE SWEET DIE GROND BENAT, BESIT DIE GROND

............................................

DIE NUWE VRYHEIDSTRYD
Die nuwe Vryheidstryd begin waar die oue opgehou het ( Anglo-Boereoorlog ) . Dit gee aan ons ( die Boervolk ) die onbetwisbare reg op die Boerestate en Vryheid, soos ook beredeneer word in die Boerestaat geskrifte van Robert van Tonder.
Grondgebied, Boervolk, Afrikaans as enigste amptelike taal en 'n volkstaat vorm van regering, vorm die hoekstene van die nuwe Vryheidstryd. Die enigste oplossing vir die Boervolk se probleme is 'n eie grondgebied, bestuur volgens sy aard en wese. Die party-politieke stelsel is 'n erfenis van die Brits-imperialistiese stelsel en 'n onding wat primêr verantwoordelik is vir die kunsmatige bymekaar hou van die Afrikaner-nasie en die verdeling van die Boervolk binne partye, op beginsels wat persoonlike moraliteite behels (verlig-verkramp, progressief- behoudend) , oppervlakkig en verwyderd van die realiteite is. Diegene wat hierteen kapsie het, speel speletjies met die begrip volk, wat etnies van aard is, en nie 'n sosiologies, humanistiese of vergeestelike begrip kan wees nie. Soortgelyke ideale en strewes tussen verskeie etniese groepe maak hulle nié een volk nie. 'n Volk sal as alle kondisioneringswyses geëlimineer word, 'n gemeenskaplike ondertoon hê. Hierdie basiese strewe van 'n volk is sy grondgebied en genepoel.
Die Boervolk se enkel grootste uitdaging in hierdie tyd is om die kondisionerings propaganda van die partypolitici oor die afgelope 76 jaar van hom af te skud. Die propaganda is die groter wordende nasie begrip ( Afrikanerskap ) wat aan die politici die demokratiese mag gee om oor etniese lyne heen te regeer en sodoende nie 'n enkele etniese groep volledig kan bevredig t.o.v. sy basiese behoeftes nie.
Kom ons kyk na twee van hierdie veranderende begrippe wat met die tyd ingevoer is en stilweg deur die verskeie etniese groepe as korrek aanvaar is.

1. Die begrip Afrikaner
Hierdie woord ontken die fisiese skeiding van die kolonialiste in 1836, met die Groot Trek, en wil 'n vergeestelike samehorigheid die bindende element van etnisiteit maak. As die lawwe argumentasie voortgesit word dan eindig ons met 'n afhanklikheid sindroom t.o.v. die stamlande en stuur ons af op 'n Babelse strewe. Nêrens word daar gepraat van die Anglo-Afrikaner oorlog nie, net maar van die Anglo- Boereoorlog. ( Die vraag bly dus, waar was die Afrikaners. )
Die antwoord is eenvoudig. Hulle is maar eers in 1910 deur die politici geskep om die Boere se identiteit te vervang met 'n nuwe konsep, naamlik Afrikaner. Hoe is dit moontlik dat een deel van 'n 'volk' op 'n aparte grondgebied kon stry om hierdie 'faksie' ( Boere ) se vryheid.

2. Die Landsvlag
Die huidige landsvlag is 'n kompromie vlag van 'n groter wordende nasie, nié van die Boervolk nie. Daar word maklik gepraat van die 26,000 offers van die Afrikanernasie in sy stryd oor 300 jaar. Dit is vals en verleidend. Die offers van die Anglo-Boereoorlog is in die Vierkleur begrawe. Hulle het nie hierdie kompromie kleed van die 1910 debakel geken nie.

Uit basis van ons stryd is dit dus duidelik dat geen party-politikus, in die RSA-raamwerk, die ideaal van die Boervolk sal kan verwesenlik nie, solank as wat ons geestelik verknegd bly aan hierdie volksvernietigende parasiete wat ons steun gebruik vir die verkryging van 'n magsbasis in die RSA parlement en ons nie ons ware volksbasis besef en dit in perspektief stel tot die Milner-sisteem waarin ons vasgevang is, sal ons ( Boervolk ) nooit die steriliteit van die Brits-imperialistiese stelsel kan afskud nie en hervat waar die 1910 debakel ons laat vergeet het van die ware stryd en volksbou wat ons in die gesig staar maar nie wil aanvaar nie.
Ons betoog vir die Transvaal en Vryheid sluit in, 'n solidariteits gevoel met die Vrystaat wat dieselfde paadjie as ons sal moet loop om ook hulle verowerde staat vrygestel te kry uit die RSA miernes van state. Op grond van Blamke etnisiteit kan ons nie hulle saak beveg of hulle ons s'n nie, maar soos in die Anglo-Boereoorlog kan ons gesamentlik die owerhede beveg om die poliieke moeras te be-eindig deur 'n Vryheidstryd.
Partisie is 'n onaanvaarbare politieke credo wat die reëls van die spel verander maar nie die spel self nie. Die spel bly onwerkbare apartheid in die grote Suid-Afrika met die witvolk as Vader Kersfees en 'n gevisualiseerde oorblywende witland (restant). Hierdie witland sal bewoon word deur alle etniese groepe (wit en gekleurd) en stadig sal die getalle geweld weer teen hom opbou.
'n Volk kan net floreer en veilig wees as hy die enigste bewoner van sy grondgebied is en sy eie volkshuishouding bestuur en bedryf en op sy eie arbeid toegesê is. Laat niemand die huidige RSA ekonomie afskaal na die vrye Republiek van Transvaal en sy twee miljoen Boere en dan die stelling maak dat dit ekonomies onwerkbaar is nie. Hierdie tipe ekonomiese argumente is net so leeg soos alle ekonomiese voorspellings. Die ware en hele ekonomiese realiteit is dat enige ekonomiese blok lewensvatbaar is en kan floreer as sy arbeids-uitset groter is as sy verorberingsdrang ( lewensstandaard volgens ekonome ).
Sover dit die PWV gebied aangaan sal 'n finale begrensing op 'n demokratiese stemming moet berus. Daardie dele wat dan kies om in die kosmopolitaanse deel opgeneem te word sal op 'n huurpagstelsel van 50 jaar aan die sentrale regering van die dag toegesê word om hulle ekonomiese bedrywighede voort te sit teen 'n billikke heffing wat aan die Transvaalse Republiek betaalbaar sal wees.
Elke vreemdeling wat nie tot die Boervolk behoort sal hom self op eie koste, of die van die RSA regering, moet verplaas na daar waar hy 'n etniese aanklank vind en vry voel. Daardie mense elders in die RSA wat etniese aanklank vind en vir die Boervolk aanvaarbaar is sal die nuwe Groot Trek moet aanpak na Gelofteland toe.
Weg met die administratiewe mededeelsame paternalistiese meerderwaardigheid van 'n blanke nasie. Terug na die volksbegrip van arbeidsaamheid en spreekwoordelike skoffel en pik in die hand, vry op die grond van u Vadere, as lid van die Boervolk.

Manifes van die TRANSVAALSE SEPARATISTE
Uitgereik deur lede van die Boervolk.
Hiermee verklaar ons:

Dat ons staan vir die herstel van die geskonde vryheid van TRANSVAAL en VRYHEID vir die Boervolk onder die Vierkleur met sy bekende volkslied.

Ken jy die Volk vol heldemoed
En tog so lank verkneg
Hy het geoffer goed en bloed
vir Vryheid en vir reg
Kom burgers! laat die vlae wapper
Ons lyding is verby
Roem in die sege van onse dapp'res
'n Vrye volk is ons
'n Vrye volk
'n Vrye volk
'n Vrye, Vrye volk is ons Ken jy die land so min bekend
En tog so heerlik skoon
Waar die natuur haar wonders skenk
en kwistig stel ten toon
Transvalers! Laat ons feeslied galm
waar vas ons volk moet staan
waar onse vreugdeskote ge'knalt
Daar is ons vaderland
'n Heerlik land
'n Heerklik land
Dit is; Dit is ons vaderland Ken jy die staat, nog maar 'n kind
In wêrelds statery
maar tog deur magtig brits bewind
weleer verklaar as vry
Transvalers! edel was ons strewe
en pynlik onse smaad
maar God wat uitkoms het gegewe
sy lof vir eie staat
loof onse God!
loof onse God!
loof onse God vir land en staat!
( Met dank aan die vertaler )

Dat die RSA en sy voorloper, die Unie van SA, waarnemende regeringsvorme is van die Brits-imperialistiese stelsel en dat volwaardige vryheid die saamgevoegde volkere, onder sy jurisdiksie toekom.
Dat Grondwet 83 'n tydelike grondwet is wat die weg moet baan vir die ontbinding van die RSA in sy afsonderlike state vir die volkere wat dit begeer.
Dat die ondernemings gegee aan ons Vadere by oorgawe in 1902, en die vorming van die uniale sisteem en weer in grondwet 83, skandelik verbreek is en dus aan ons, hulle wettige erfgename, die reg gee om op staatregtelike basis, die ontbinding van sodanige strukture wat daaruit voortgespruit het, te kan opeis.
Ons verwerp die beginsel dat 'n nasie beskikkingsreg het oor die lotgevalle van volke in sy midde.
Ons verwerp die begrip AFRIKANER op grond van die feit dat dit - sinteties is - na 'n nasie verwys - party-polities geinspireerd is.
Ons verwerp die party politiekestelsel ( vir die Boervolk ) van demokrasie aangesien dit lei tot 'n onpersoonlike entiteit ( die party ) wat die volksiel beheer en manipuleer.
Ons aanvaar die aristokratiese vorm van demokrasie wat 'n konkrete realitiet in die midde van die volkshuishouding is en dus tot orde geroep kan word.
Alle terme, groeperings, name en konnotasies wat die begrip Afrikaner behels word summier verwerp as volksvreemd en ideologies onsuiwer t.o.v. die Boervolk.
Die gelofte van Bloedrivier bind die Boervolk en hulle nasate sowel as die daaropvolgende 'trekkers' wat hulle by die Boervolk-laer aangesluit het, en nog sal, tot volksbou en nie tot arbitrêre rituele nie.
Dat die Boervolk willens en wetens die Gelofte verbreek het op 31 Mei 1910 en dat geen aanpassings behalwe die verkryging van die vryheid van die Boervolk weer die Gelofte in ere sal kan herstel nie.
Ons erken die Skepper van hemel en aarde en sy Goddelik geïnspireerde geskrifte, maar ingelyks is ons bewus van die menslike listigheid wat nie die suiwer bewaring van Godswoord aan ons kan waarborg nie.
Ons stel ons dit ten doel om ons grondgebied op vreedsame wyse te herwin mits ons teenstanders dit vreedsaam met ons wil besin en besleg.

Ons voorsien om op die volgende wyses te werk te gaan ten einde ons doel te bereik:

ONS SELF TE ORGANISEER OP 'N PARTYLOSE VOLKSTAATBASIS MET DIE HUIDIGE KIESAFDELINGS AS VERTREKPUNT
VERKIESINGS TE VEG OP DIE BETROKKE GRONDGEBIED d.m.v. ONAFHANKLIKE KANDIDATE
DIE GRONDGEBIED VAN ELKE VEROWERDE SETEL SAL OUTOMATIES BESKOU WORD AS OM OP 'N DEMOKRATIESE WYSE VRYGESTEL TE WEES VAN DIE RSA OP TWEEDE EN DERDE VLAK VAN REGERING EN DAN SAL DAAR MAKSIMUM DEVOLUSIE VAN MAG OPGEëIS WORD OM DIT TE BESTUUR VOLGENS DIE BOEREVOLKSTAAT BEGINSELS
Op eerste vlak van regering sal verowerde setels se verteenwoordigers in alle toepaslike liggame en strukture hulle plekke inneem ( uitgesluit die RSA parlement wat 'n burgerstaatlike forum is ) en betoog vir die afskeiding van Transvaal en Vryheid as onafhanklike state: Insgelyks sal hulle, hul beywer vir 'n nasionale konvensie van alle groepe om die huidige party politieke en daaruit voortspruitende strukture se steriliteit te oorbrug in die soeke na 'n onderhandelde oplossing.

U is deel van die stryd as u JA kan antwoord op die volgende .....

Transvaal, Vryheid en Vrystaat is Gelofteland.
Die Vierkleur is my simbool van Vryheid.
Afrikaans moet die taal van my kind se opvoeding wees.
Ek wil in my eie land deur my eie mense regeer word.
Werk is edel.
My land moet sy eie onverbonde geldsisteem hê.
Partypolitiek is 'n onding.
Ek moet self dag vir dag stry vir die verkryging van my en die nageslag se vryheid.
Die Gelofte kan net herstel word as Transvaal, Vryheid en Vrystaat hul vryheid herwin het.
Afrikanerskap verkneg my Boerskap.
Ek is deel van die Boervolk.

As u dan JA geantwoord het op al die voorafgaande dan is u deel van die stryd ! !
Gaan dan uit met die enkel doel voor oë om die Boervolk bymekaar te maak in u kiesafdeling. Moenie wag op 'n party of organisasie om u instruksies te gee nie. Begin en organiseer u self om die ideaal van Vryheid, wat u alleen kan bekom deur u spesifieke setel deur 'n onafhanklike kandidaat te verower. Met net 40 kiesafdelings wat hierdie ideaal bereik kan die Boervolk hom self weereens uit die Raadsaal in Pretoria regeer.

(hierdie laaste paragraaf hierbo was bedoel vir die 1989 verkiesing toe ons nog met die samewerking van die KP, HNP en AWB die Transvaal kon beheer het - maar almal het ons as verraaiers gesien, en baie doen steeds. Ons is Boervolk ! )
...................................................................................................................

HEROWER TRANSVAAL REEDS SIMBOLIES ... IDENTITEIT
HYS DIE VIERKLEUR ELKE DAG BRING
OP NOG 'N VIERKANTDUIM BOEREGROND ! VRYHEID !