Wednesday 12 February 2014

ONS IS BOERE ! Ds AE van den Berg (verduideliking van Terme)

ONS IS BOERE !

Kuns deur Francois Putter 


1.1   ‘n Gawe van God

In Gen.25 lees ons hoe Esau sy eersgeboortereg verag en sy nageslag in onbeduidenheid laat verval het.  God het lank voor ons geboorte bepaal dat ons aan ‘n spesifieke volk sou behoort.  Derhalwe is volkwees kosbaar en mag ons nie ons erfenis versmaai nie - dis 'n gawe van God.  Esau se nageslag het die gevolge van sy onverskilligheid gedra en 'n veragte volk geword wat gereeld goed op hul baadjie gekry het.

Verraderlike politici, ontspoorde kerke en ander volksvyandige instellings dring al jare lank daarop aan dat ons ons erfenis vir die verfoeilike lensiesop van internasionale erkenning verruil.  Nee, ons sal eerder dit wat ons uit die hand van God ontvang het, bewaar omdat ons eendag ook daarvan rekenskap sal moet gee.  Laat ons eerder soos koning Dawid van ouds in Ps.16:6 uitroep: "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi".

1.2 ‘n Eie volk

Daar word al vir baie jare oor ons volksnaam geredeneer.  Hoe staan die blanke volk aan die suidpunt van Afrika bekend?  Is ons Afrikaners, Boere-Afrikaners, Afrikaanses of wat?   Die meeste mense reken dat ons Afrikaners is en hulle is deels reg.  Anderskleuriges maak ook met reg op dieselfde naam aanspraak.

Ons is slegs Afrikaners vir sover dit na die herkoms van ons vasteland verwys. Soos wat Belge, Duitsers en Franse almal Europeërs is omdat hulle die Europese vasteland bewoon, is almal wat die Afrika bodem bewoon, Afrikaners.  Afrikaner is die Afrikaans vir die Engelse term African.

Is die anderskleurige van Afrika hetsy kleurling, Zoeloe of Hutu dan ‘n Afrikaner?   Beslis!  Hy kan egter nie 'n Boer wees nie.  Net so min as wat 'n Belg nie 'n Switser of 'n Duitser 'n Fransman kan wees nie al bewoon hulle ook dieselfde vasteland, kan ‘n swarte of kleurling ‘n Boer wees.  Die term Europeër, Asiaat of Afrikaner kan derhalwe nooit die naam van 'n volk wees nie.  Dis hoogstens ‘n vasteland verwysing.

Wie is ons dan?  ONS IS BOERE.  Nie in die sin van landbouers nie, maar 'n duidelik onderskeie volk vir wie selfbeskikking in eie kring onontbeerlik en derhalwe ononderhandelbaar is.

Die naam Boer is eie aan ons volksgeskiedenis.  Die Britse grondrowers het na ons voorsate as the Boers verwys.  Die Transvaal en Vrystaat het destyds as die Boererepublieke bekand gestaan. So ook die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) as die Boere-oorlog, of Anglo-Boere-oorlog, alhoewel ons voorsate nie die oorsaak daarvan was nie. Buitelandse koerante het selfs destyds na ons voorsate as Boere, met ‘n hoofletter, verwys en gereeld oor hul suksesse teen die magtige Britse ryk berig.

1.3 Die term  Afrikaner

Die term Afrikaner is egter ook geskiedkundig.  Die eerste keer dat dié benaming aangeteken is, was in die laat agtiende eeu toe 'n Boer op 'n vraag van 'n landdros na sy herkoms geantwoord het dat hy 'n Afrikaner is.  Hy het homself nie meer as 'n Nederlandse kolonis nie maar as 'n mens van Afrika gesien.

Die term Boere-Afrikaner erken wel dat daar ander Afrikaners is wat nie aan die Boerevolk behoort nie.  Let op die onderskrif by die naam van die Afrikaanse Protestantse Kerk. Dit lui: ‘n Gereformeerde Kerk onder blanke Afrikaners. Hiermee erken die AP Kerk heeltemal korrek dat daar ook anderskleurige Afrikaners is. Die term Boere-Afrikaner wat dikwels gebruik word, is egter lomp.    'n Duitser verwys tog nie na homself as 'n Duitse Europeër nie.  Hy is 'n Duitser en behoort tot die Duitse volk.  Ons is Boere en behoort tot die Boerevolk!

1.4 Besondere eienskappe

Ons Boerevolk word aan sekere eienskappe geken.  Ons behoort bv.tot die blanke ras, ons praat Afrikaans en streef na ware nasionalisme.  Daarbenewens hang ons hoofsaaklik die Calvinisties-Protestantse geloofslewe aan en is trots op ons volkwees en Christelike lewens waardes.

Ongelukkig word die ywer vir ons volk dikwels as 'n minagting van ander volke gebrandmerk.  Dis die gevolg van die liberaliste se verwronge siening dat alles wat tussen mense skeiding maak, uit die bose is.  Nee, die Boerevolk is geen skurke-volk wat hom skaam omdat hy sy eie volksgenote voorop stel nie.  Ander volke doen presies dieselfde. Ons strewe na selfbeskikking maak dat ons juis ander volke se nasionale strewes eerbiedig.  En waar ons soms sukkel om ander volke te respekteer, is dit omdat hulle self weinig eerbied vir hul eie mense het.

Dis geen oortreding om deur jou eie volksgenote regeer te word nie, maar eerder selfbeskikking in eie kring.  God het volkere verskeidenheid daargestel.  Ons is eiesoortig en sien geen heil daarin om met andersoortige rasse te vermeng nie.  Ondervinding het ons geleer dat ons hoogstens naas maar nooit saam met ander volke kan bestaan nie. Die Boerevolk sal hom nie binne die kulturele dwangbuis van 'n sg. reënboognasie laat indwing nie.  Die kunsmatige verkeer binne die parskuip van saambestaan is te bedompig.  Blankes wat voorgee om daarin tuis te wees, plaas hulself buite die dampkring van die Boerevolk!

Die verraaiers wat die Boerevolk by die noodlottige rassegelykheid-proefneming ingesleep het, het veroorsaak dat ons in 'n see van swart onredelikheid en skaamtelose vergelding beland het.  Ons sal egter nooit ons selfbeskikking op die altaar van nasiebou opoffer nie.   Nasiebou het nog nêrens ter wêreld geslaag nie, maar lande soos Joegoslawië eerder in vlamme laat opgaan!

1.5  Ordelikheid

Die andersheid van die Boerevolk blyk verder uit die ordelike wyse waarop hy teenoor mede volksgenote optree.  My volk kan sy saak stel sonder om ander te benadeel.   Ons tree altyd beskaafd en waardig op al word ons ook hoe getart.  Meet ons optrede aan die wyse waarop kok en kok se maat in Suid-Afrika optree en ons het baie rede om op ons volk trots te wees.

Vyandige mense probeer die Boerevolk se optrede altyd verkleineer en verdag maak.  Die ANC span hier die kroon. Solank as wat hierdie wettelose mense die septer aan die suidpunt van Afrika gaan swaai, sal hulle onbeskaamde  haatveldtog teen my volk voortduur.  Dis alles ‘n poging om die publiek se aandag van hul onvermoë om te kan regeer, weg te neem.  Die ANC se vergeldingstappe is ‘n rookskerm waaragter hulle hul politieke blapse verberg!

Die Boerevolk distansieer hom baie duidelik van die stakende gepeupel wat ons land en ekonomie telkens ontwrig. Genadiglik is my volk verstandelik ryklik bedeel en kan ons ons gedagtes en emosies op beskaafder maniere uitdruk as met opruiende dreunsang, kinderagtige voetestamp en ‘n aanstootlike gespring.

1.5 Rasbewus

Alhoewel my volk nie rassehaters is nie, is ons baie rasbewus.  Die Boerevolk gun elke volk die nodige lewensruimte waarbinne hulle hul eie kultuur kan uitleef solank dit nie op ander se onkoste geskied nie.  My volk het hoegenaamd geen verpligting om die bodemlose behoefte-put van bakhand staan te vul nie.  Die vyandige media noem hulle agtergeblewenes en/of minderbevoorregtes. Ons ken hulle as luiaards en verag mense wat soos parasiete vir hulle voortbestaan op ander teer!

Die Boerevolk praat Afrikaans en is trots daarop.  Taal is die siel van ‘n volk - dis die volk self.  Ons taal het spierkrag verkry deurdat dit van meet af aan in 'n stryd om voortbestaan gewikkel is.   Hierdie stryd is aanvanklik teen arrogante Britse onderwyseresse, filantropiese Skotse leraars en vyandige Engelse goewerneurs gevoer.  Vandag word ons taal uit ‘n heel ander rigting bedreig nl. deur vermomde vyande wat dit met Engelse rommelwoorde en aksente tot ‘n brabbeltaal deurspek.

1.6 Welvaart

Die Boerevolk is Eerstewêreld-mense met hoë lewenstandaarde.  Al is ons min in getal, beywer ons ons vir ekonomiese welvaart.  Ons is nie soos die Derdewêreld-lande oor bevolkingsaanwasse begaan nie, maar probeer eerder om die genetiese gehalte van ons volksgenote te verhoog.  Dit laat ons bo al die Derdewêreld-volke wat getalle bo gehalte verkies, uitstyg.  Hierdie volke moet gedurig by die internasionale gemeenskap om verligting van hul ellende-bestaan aanklop.

My volk het vroeg besef dat hy nie beide gehalte en getalle kon hê nie en 'n keuse moes maak.  Ons het die regte keuse gemaak.  Ons verantwoordelikheidsin teenoor menselewens het ons nie toegelaat om ‘n getalle-bestaan bo ‘n gehalte-bestaan te kies nie.  ‘n Gehalte-bestaan het nog nêrens ellende gebring nie.

Slot opmerking

Die Boerevolk is nie 'n ontgogelde of vertwyfelde minderheidsgroep nie.  Ons is 'n vrye, soewereine volk wat 'n belangrike rol in Afrika en die wêreld te speel het.   Vir die internasionale gemeenskap wil ons sê: Moet nooit ons koppe soos elders in Afrika tel nie; weeg eerder ons breinkrag!


No comments:

Post a Comment