Showing posts with label Boere Vryheids Vegters. Show all posts
Showing posts with label Boere Vryheids Vegters. Show all posts

Tuesday, 13 May 2014

   TRANSVAALSE SEPARATISTE

   deur Theuns Cloete
TRANSVAALSE SEPARATISTE (Ou1983 dok)

ZAR Vierkleur

ONS STRYD

TRANSVAAL BEHOORT AAN DIE BOERVOLK
ONS STRYD IS VRYHEID
GROND IS VRYHEID
DIE PRYS VAN VRYHEID IS JOU ERFPAG AAN DIE OPKOMENDE GESLAG
VRYHEID BETEKEN SELFWERKSAAMHEID
'n VOLK IS NIE 'n SOSIOLOGIESE, HUMANISTIESE OF VERGEESTELIKE BEGRIP NIE
'n VOLK IS 'n ETNIESE GROEPERING
EENHEID IS VERVLEG MET VRYHEID
VERDEELDHEID LE IN POLITIEKE PARTYE
HULLE WIE SE SWEET DIE GROND BENAT, BESIT DIE GROND

............................................

DIE NUWE VRYHEIDSTRYD
Die nuwe Vryheidstryd begin waar die oue opgehou het ( Anglo-Boereoorlog ) . Dit gee aan ons ( die Boervolk ) die onbetwisbare reg op die Boerestate en Vryheid, soos ook beredeneer word in die Boerestaat geskrifte van Robert van Tonder.
Grondgebied, Boervolk, Afrikaans as enigste amptelike taal en 'n volkstaat vorm van regering, vorm die hoekstene van die nuwe Vryheidstryd. Die enigste oplossing vir die Boervolk se probleme is 'n eie grondgebied, bestuur volgens sy aard en wese. Die party-politieke stelsel is 'n erfenis van die Brits-imperialistiese stelsel en 'n onding wat primêr verantwoordelik is vir die kunsmatige bymekaar hou van die Afrikaner-nasie en die verdeling van die Boervolk binne partye, op beginsels wat persoonlike moraliteite behels (verlig-verkramp, progressief- behoudend) , oppervlakkig en verwyderd van die realiteite is. Diegene wat hierteen kapsie het, speel speletjies met die begrip volk, wat etnies van aard is, en nie 'n sosiologies, humanistiese of vergeestelike begrip kan wees nie. Soortgelyke ideale en strewes tussen verskeie etniese groepe maak hulle nié een volk nie. 'n Volk sal as alle kondisioneringswyses geëlimineer word, 'n gemeenskaplike ondertoon hê. Hierdie basiese strewe van 'n volk is sy grondgebied en genepoel.
Die Boervolk se enkel grootste uitdaging in hierdie tyd is om die kondisionerings propaganda van die partypolitici oor die afgelope 76 jaar van hom af te skud. Die propaganda is die groter wordende nasie begrip ( Afrikanerskap ) wat aan die politici die demokratiese mag gee om oor etniese lyne heen te regeer en sodoende nie 'n enkele etniese groep volledig kan bevredig t.o.v. sy basiese behoeftes nie.
Kom ons kyk na twee van hierdie veranderende begrippe wat met die tyd ingevoer is en stilweg deur die verskeie etniese groepe as korrek aanvaar is.

1. Die begrip Afrikaner
Hierdie woord ontken die fisiese skeiding van die kolonialiste in 1836, met die Groot Trek, en wil 'n vergeestelike samehorigheid die bindende element van etnisiteit maak. As die lawwe argumentasie voortgesit word dan eindig ons met 'n afhanklikheid sindroom t.o.v. die stamlande en stuur ons af op 'n Babelse strewe. Nêrens word daar gepraat van die Anglo-Afrikaner oorlog nie, net maar van die Anglo- Boereoorlog. ( Die vraag bly dus, waar was die Afrikaners. )
Die antwoord is eenvoudig. Hulle is maar eers in 1910 deur die politici geskep om die Boere se identiteit te vervang met 'n nuwe konsep, naamlik Afrikaner. Hoe is dit moontlik dat een deel van 'n 'volk' op 'n aparte grondgebied kon stry om hierdie 'faksie' ( Boere ) se vryheid.

2. Die Landsvlag
Die huidige landsvlag is 'n kompromie vlag van 'n groter wordende nasie, nié van die Boervolk nie. Daar word maklik gepraat van die 26,000 offers van die Afrikanernasie in sy stryd oor 300 jaar. Dit is vals en verleidend. Die offers van die Anglo-Boereoorlog is in die Vierkleur begrawe. Hulle het nie hierdie kompromie kleed van die 1910 debakel geken nie.

Uit basis van ons stryd is dit dus duidelik dat geen party-politikus, in die RSA-raamwerk, die ideaal van die Boervolk sal kan verwesenlik nie, solank as wat ons geestelik verknegd bly aan hierdie volksvernietigende parasiete wat ons steun gebruik vir die verkryging van 'n magsbasis in die RSA parlement en ons nie ons ware volksbasis besef en dit in perspektief stel tot die Milner-sisteem waarin ons vasgevang is, sal ons ( Boervolk ) nooit die steriliteit van die Brits-imperialistiese stelsel kan afskud nie en hervat waar die 1910 debakel ons laat vergeet het van die ware stryd en volksbou wat ons in die gesig staar maar nie wil aanvaar nie.
Ons betoog vir die Transvaal en Vryheid sluit in, 'n solidariteits gevoel met die Vrystaat wat dieselfde paadjie as ons sal moet loop om ook hulle verowerde staat vrygestel te kry uit die RSA miernes van state. Op grond van Blamke etnisiteit kan ons nie hulle saak beveg of hulle ons s'n nie, maar soos in die Anglo-Boereoorlog kan ons gesamentlik die owerhede beveg om die poliieke moeras te be-eindig deur 'n Vryheidstryd.
Partisie is 'n onaanvaarbare politieke credo wat die reëls van die spel verander maar nie die spel self nie. Die spel bly onwerkbare apartheid in die grote Suid-Afrika met die witvolk as Vader Kersfees en 'n gevisualiseerde oorblywende witland (restant). Hierdie witland sal bewoon word deur alle etniese groepe (wit en gekleurd) en stadig sal die getalle geweld weer teen hom opbou.
'n Volk kan net floreer en veilig wees as hy die enigste bewoner van sy grondgebied is en sy eie volkshuishouding bestuur en bedryf en op sy eie arbeid toegesê is. Laat niemand die huidige RSA ekonomie afskaal na die vrye Republiek van Transvaal en sy twee miljoen Boere en dan die stelling maak dat dit ekonomies onwerkbaar is nie. Hierdie tipe ekonomiese argumente is net so leeg soos alle ekonomiese voorspellings. Die ware en hele ekonomiese realiteit is dat enige ekonomiese blok lewensvatbaar is en kan floreer as sy arbeids-uitset groter is as sy verorberingsdrang ( lewensstandaard volgens ekonome ).
Sover dit die PWV gebied aangaan sal 'n finale begrensing op 'n demokratiese stemming moet berus. Daardie dele wat dan kies om in die kosmopolitaanse deel opgeneem te word sal op 'n huurpagstelsel van 50 jaar aan die sentrale regering van die dag toegesê word om hulle ekonomiese bedrywighede voort te sit teen 'n billikke heffing wat aan die Transvaalse Republiek betaalbaar sal wees.
Elke vreemdeling wat nie tot die Boervolk behoort sal hom self op eie koste, of die van die RSA regering, moet verplaas na daar waar hy 'n etniese aanklank vind en vry voel. Daardie mense elders in die RSA wat etniese aanklank vind en vir die Boervolk aanvaarbaar is sal die nuwe Groot Trek moet aanpak na Gelofteland toe.
Weg met die administratiewe mededeelsame paternalistiese meerderwaardigheid van 'n blanke nasie. Terug na die volksbegrip van arbeidsaamheid en spreekwoordelike skoffel en pik in die hand, vry op die grond van u Vadere, as lid van die Boervolk.

Manifes van die TRANSVAALSE SEPARATISTE
Uitgereik deur lede van die Boervolk.
Hiermee verklaar ons:

Dat ons staan vir die herstel van die geskonde vryheid van TRANSVAAL en VRYHEID vir die Boervolk onder die Vierkleur met sy bekende volkslied.

Ken jy die Volk vol heldemoed
En tog so lank verkneg
Hy het geoffer goed en bloed
vir Vryheid en vir reg
Kom burgers! laat die vlae wapper
Ons lyding is verby
Roem in die sege van onse dapp'res
'n Vrye volk is ons
'n Vrye volk
'n Vrye volk
'n Vrye, Vrye volk is ons Ken jy die land so min bekend
En tog so heerlik skoon
Waar die natuur haar wonders skenk
en kwistig stel ten toon
Transvalers! Laat ons feeslied galm
waar vas ons volk moet staan
waar onse vreugdeskote ge'knalt
Daar is ons vaderland
'n Heerlik land
'n Heerklik land
Dit is; Dit is ons vaderland Ken jy die staat, nog maar 'n kind
In wêrelds statery
maar tog deur magtig brits bewind
weleer verklaar as vry
Transvalers! edel was ons strewe
en pynlik onse smaad
maar God wat uitkoms het gegewe
sy lof vir eie staat
loof onse God!
loof onse God!
loof onse God vir land en staat!
( Met dank aan die vertaler )

Dat die RSA en sy voorloper, die Unie van SA, waarnemende regeringsvorme is van die Brits-imperialistiese stelsel en dat volwaardige vryheid die saamgevoegde volkere, onder sy jurisdiksie toekom.
Dat Grondwet 83 'n tydelike grondwet is wat die weg moet baan vir die ontbinding van die RSA in sy afsonderlike state vir die volkere wat dit begeer.
Dat die ondernemings gegee aan ons Vadere by oorgawe in 1902, en die vorming van die uniale sisteem en weer in grondwet 83, skandelik verbreek is en dus aan ons, hulle wettige erfgename, die reg gee om op staatregtelike basis, die ontbinding van sodanige strukture wat daaruit voortgespruit het, te kan opeis.
Ons verwerp die beginsel dat 'n nasie beskikkingsreg het oor die lotgevalle van volke in sy midde.
Ons verwerp die begrip AFRIKANER op grond van die feit dat dit - sinteties is - na 'n nasie verwys - party-polities geinspireerd is.
Ons verwerp die party politiekestelsel ( vir die Boervolk ) van demokrasie aangesien dit lei tot 'n onpersoonlike entiteit ( die party ) wat die volksiel beheer en manipuleer.
Ons aanvaar die aristokratiese vorm van demokrasie wat 'n konkrete realitiet in die midde van die volkshuishouding is en dus tot orde geroep kan word.
Alle terme, groeperings, name en konnotasies wat die begrip Afrikaner behels word summier verwerp as volksvreemd en ideologies onsuiwer t.o.v. die Boervolk.
Die gelofte van Bloedrivier bind die Boervolk en hulle nasate sowel as die daaropvolgende 'trekkers' wat hulle by die Boervolk-laer aangesluit het, en nog sal, tot volksbou en nie tot arbitrêre rituele nie.
Dat die Boervolk willens en wetens die Gelofte verbreek het op 31 Mei 1910 en dat geen aanpassings behalwe die verkryging van die vryheid van die Boervolk weer die Gelofte in ere sal kan herstel nie.
Ons erken die Skepper van hemel en aarde en sy Goddelik geïnspireerde geskrifte, maar ingelyks is ons bewus van die menslike listigheid wat nie die suiwer bewaring van Godswoord aan ons kan waarborg nie.
Ons stel ons dit ten doel om ons grondgebied op vreedsame wyse te herwin mits ons teenstanders dit vreedsaam met ons wil besin en besleg.

Ons voorsien om op die volgende wyses te werk te gaan ten einde ons doel te bereik:

ONS SELF TE ORGANISEER OP 'N PARTYLOSE VOLKSTAATBASIS MET DIE HUIDIGE KIESAFDELINGS AS VERTREKPUNT
VERKIESINGS TE VEG OP DIE BETROKKE GRONDGEBIED d.m.v. ONAFHANKLIKE KANDIDATE
DIE GRONDGEBIED VAN ELKE VEROWERDE SETEL SAL OUTOMATIES BESKOU WORD AS OM OP 'N DEMOKRATIESE WYSE VRYGESTEL TE WEES VAN DIE RSA OP TWEEDE EN DERDE VLAK VAN REGERING EN DAN SAL DAAR MAKSIMUM DEVOLUSIE VAN MAG OPGEëIS WORD OM DIT TE BESTUUR VOLGENS DIE BOEREVOLKSTAAT BEGINSELS
Op eerste vlak van regering sal verowerde setels se verteenwoordigers in alle toepaslike liggame en strukture hulle plekke inneem ( uitgesluit die RSA parlement wat 'n burgerstaatlike forum is ) en betoog vir die afskeiding van Transvaal en Vryheid as onafhanklike state: Insgelyks sal hulle, hul beywer vir 'n nasionale konvensie van alle groepe om die huidige party politieke en daaruit voortspruitende strukture se steriliteit te oorbrug in die soeke na 'n onderhandelde oplossing.

U is deel van die stryd as u JA kan antwoord op die volgende .....

Transvaal, Vryheid en Vrystaat is Gelofteland.
Die Vierkleur is my simbool van Vryheid.
Afrikaans moet die taal van my kind se opvoeding wees.
Ek wil in my eie land deur my eie mense regeer word.
Werk is edel.
My land moet sy eie onverbonde geldsisteem hê.
Partypolitiek is 'n onding.
Ek moet self dag vir dag stry vir die verkryging van my en die nageslag se vryheid.
Die Gelofte kan net herstel word as Transvaal, Vryheid en Vrystaat hul vryheid herwin het.
Afrikanerskap verkneg my Boerskap.
Ek is deel van die Boervolk.

As u dan JA geantwoord het op al die voorafgaande dan is u deel van die stryd ! !
Gaan dan uit met die enkel doel voor oë om die Boervolk bymekaar te maak in u kiesafdeling. Moenie wag op 'n party of organisasie om u instruksies te gee nie. Begin en organiseer u self om die ideaal van Vryheid, wat u alleen kan bekom deur u spesifieke setel deur 'n onafhanklike kandidaat te verower. Met net 40 kiesafdelings wat hierdie ideaal bereik kan die Boervolk hom self weereens uit die Raadsaal in Pretoria regeer.

(hierdie laaste paragraaf hierbo was bedoel vir die 1989 verkiesing toe ons nog met die samewerking van die KP, HNP en AWB die Transvaal kon beheer het - maar almal het ons as verraaiers gesien, en baie doen steeds. Ons is Boervolk ! )
...................................................................................................................

HEROWER TRANSVAAL REEDS SIMBOLIES ... IDENTITEIT
HYS DIE VIERKLEUR ELKE DAG BRING
OP NOG 'N VIERKANTDUIM BOEREGROND ! VRYHEID !

Sunday, 6 April 2014

Jopie Fourie se brief aan ons volk voor hy tereggestel is.(100 JAAR TERUG)



Wie was Josef Johannes "Jopie" Fourie 

JOPIE FOURIE.png
Josef Johannes "Jopie" Fourie

Jopie (Josef Johannes Fourie)
BornAugust 27, 1878
Wildebeesthoek, Pretoria District,South Africa [1]
DiedDecember 24, 1914
OccupationScout, Dispatch Rider
                                                                                        Grave of Jopie Fourie in the Church Street Cemetery, Pretoria

BOERE REBELLIE 1914
Josef Johannes "Jopie" Fourie (August 20, 1878 – December 24, 1914), usually known as Jopie Fourie, was a scout and dispatch rider during the Boer War.[2] He was executed by firing squad during the Rebellion of 1914 - 1915against 
General Louis Botha, the then Prime Minister of South Africa.
Fourie served under Piet Roos during the Jameson Raid. During the Second Boer War he was a scout and dispatch rider. He was wounded and captured north of Pretoria during that war.[2]

Rebellion

By the beginning of 1914 the high economic expectations of the unification of South Africa had been dashed. Three to four years of drought has devastated farms in parts of the Orange Free State. The government suppression of the 1913 and 1914 strikes on the Witwatersrand alienated Afrikaner workers. This created a fertile ground for rebellion. The trigger for the rebellion was Britain's declaration of war in 1914, which also put South Africa in a state of war. As a result of this, Britain asked the South African cabinet to seize the German colony of South West Africa.[3]
The 1914 Revolt, occurred because the men who supported the re-creation of the old Boer republics rose up against the government of the Union of South Africa as they did not want to side with the British against Germany. Many Boers had German ancestry and many members of the government were themselves former Boer military leaders who had fought with the rebels against the British in the Second Boer War. The rebellion was put down by Louis Botha and Jan Smuts, the ringleaders received fines and terms of imprisonment.[3]

Execution

BOERE REBELLIE 1914
The only death sentence was Jopie Fourie, an Active Citizens Force (ACF) officer in the Union Defence Force, who without resigning his commission, led a band of rebels that inflicted 40% of the government's casualties.[4] His commando also fired on South African security forces during a brief truce.[5] Fourie and his brother Hannes were captured at Nooitgedacht in the district of Rustenburg on 16 December 1914.[1] An Afrikaner delegation that included future prime minister D.F. Malanunsuccessfully petitioned Minister of Defence, Gen. Smuts, to extend leniency. Fourie was executed without a blindfold on 20 December 1914.[6]

Legacy

The execution of Fourie was a divisive event in white politics. To many Afrikaner nationalists, Fourie was a hero and Jan Smuts a traitor. His death caused an outrage in conservative circles, and was a potent factor in the rise of the National Party.[7] Fourie was one of the martyrs and legends produced by the Rebellion which would inspire the Afrikaner right wing afterwards.[8] The Jopie Fourie Primary School in Pretoria is named after him.[9]
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Jopie Fourie se brief aan ons volk voor hy tereggestel is.(100 JAAR TERUG)

Aan mijn volk                                 Zondag  20 December 1914
Pretoria Tronk
Getrouwe Afrikaners, vrienden en vriendinnen, bij de tijd dat gij dit schrijven ontvangt dan is Jopie bij zijn Hemelse Vader. Om vijf uur vertrek ik van hier op de reis naar de eeuwigheid met de getrouwe Leidsman en Vriend Jezus. Ik heb u vele allen te bedanken voor de boom die geplant is en met mijn bloed benat wordt. ‘T zal opgroeien tot een groten boom en het zal heerlijke vruchten voortbrengen. Wees getrouw aan uw volk aan uw tradities, aan uw Godsdienst en aan uw God.
De Heere zal uleidenen u den weg wijzen waarheen gij moet gaan. Schrijf op mijn grafsteen deze woorden: Voor God en Vaderland. Ik ben nog jong en mijn leven is zoet. Maar dank god Hij heeft mij los gemaakt. Ik heb niets dat mij hindert, geen haat, geen liefde. God zal voor mijn geliefde zorgen, God komt de wraak toe. Getrouwe vrienden en vriendinnen weest overtuigd dat ik uw sijmpathie gebeden waardeer. Het spijt mij dat ik u allen niet de hand kan drukken maar God heeft anders gewild en Hij heeft mij kraght gegeven om mij aan zijn wil te onderwerpen. Dat is mijn laaste letters die ik schrijven zal en mijn vermaning is. Wees getrouw tot den dood. Wees getrouw aan uw tradities, aan uw volk, aan uw taal. God zij met u allen tot wij wederzien.
Jopie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

ONS ANTWOORD:

Hoe oneindig jammer, hoe tragies, dat daar so min mense in hier land is, wat enige benul het wat dit beteken om n standpunt in te neem, vir dit waarin jy waaragtig weet reg is, en dit wat verkeerd is, en nie links of regs wyk, om dit duidelik te stel nie, ongeag duidelik wetende wat dit jou gaan kos.
Die gemors waarin ons land hom nou bevind, le deels voor die voete van mense soos Jan Smuts (en dit is vir my n oneer dat die man my naam deel), en ander twee gesigte. Agtebakse adders, wat nie verdien word om saam met die naam Jopie genoem te word nie. Mense met hul eie agendas. Ek kan net vertrou dat hy sy loon deeglik sal kry in die hiernamaals.
Wat die naam Boer of Afrikaner betref, ek dink ook dat dit werklik nie saak maak nie. In alle geval, is ons lankal nie meer die een of die ander nie.
Wat ek wel ook kan se, is dat enige iemand wat die apartheid regering van Verwoerd goed praat, werklik nie God ken nie. Ek twyfel nie vir n sekond dat dit verkeerd is en was nie. Die antwoord het in afsonderlike ontwikkeling gele, met almal, wit, swart, bruik, geel, wat ook al, ewe veel regte, maar elkeen op sy eie stukkie aarde. Met nie een van die rasse bevoordeel nie.
Die probleem was, ons Boere (of Afrikaner) nasie, was te sleg om self te werk, en het dit goed gevind om van goedkoop arbeid te gebruik, die selfde arbeid wat hulle geen regte gegee het nie (en onderdruk het). Die resultaat daarvan, is dit wat ons vandag beleef!
Gaan kyk na nasies wat nie geskroom het om self hulle harde arbeid te doen nie, en nie hulle voorspoed op die rug van onderdrukte te bou nie.
Nee wat, ons het gekry waarna ons gesoek het. N mens kan nie ander onderdruk, en basiese regte misken, en dan dink God sal met jou wees nie. Dis absurd!
En die gedurige eposse van “ons moet terug keer na God”, dis snert, terwyl sonde, pornogafie, hoerrery, en al wat n sonde wat duidelik deur die Bybel veroordeel word, as aanvaarbaar gemaak word deur al wat n kerk is – in n poging om mense te lok na die kerk. Maar selfs die sondaars is nie sotte nie, en weet die kerke is vals, en sal dus nie mislei word deur goedkoop godsdiens nie!
Die Bybel is eenvoudig, jy het n n graad nodig om dit te verstaan nie. Geloof sonder die werke is dood – PUNT!
Geloof sonder LIEFDE, teenoor almal, wit, bruin, swart, geel, is leeg – gaan lees 1KOR13! Jesus het gese, jy moet jou vyand lief he, en goed doen aan die wat jou kwaad aandoen. Dit, het ons Boere (Afrikaner) nasie BESLIS!!! nie gedoen nie!!!

Wednesday, 2 April 2014

WIE IS DIE VERDELERS?


In Suid-Afrika is daar duidelik twee waarneembare groepe wat aspireer na volkskap- Boere en Afrikaners.
’n Volk kan nie bestaan sonder grondgebied van sy eie nie. Beide Boer en Afrikaner het hulle grondgebied verloor. Die Boerevolk in ’n uitwissingsoorlog van 1899-1902 toe hulle vrouens en kinders in konsentrasiekampe toegelaat is om van honger en siektes te sterf. Helfte van die kinderbevolking van Transvaal en die Vrystaat is uitgewis Dit in ’n poging om die land se mineralerykdomme in die hande te kry. Grondroof is gepleeg deur die twee Boere-republiek te annekseer en uiteindelik saam met twee Britse kolonies,die Unie van Suid-Afrika te maak. Dit het later die RSA geword wat deur Afrikaners oorheers wassteeds as Britse onderdane! Van 1902 tot vandag toe bestaan die twee Boere-republieke as grondgebied van die Boerevolk nie meer nie. Dit beteken egter nie dat dit ook die einde van ons aspirasies om vry te wees is nie!
Die Afrikaners wat die oorhand in die Unie van Suid-Afrika gehad het, het eers in 1961 danksy die Nasionale Party en wyle dr. Verwoerd, ’n “Republiek” kon stig. Dit was duidelik ’n voortsetting van die Unie van Suid-Afrika, net onder ’n ander naam en sonder die Britse konneksie. Dit het net gehou tot in 1994 toe die einste Afrikaners deur konkel en knoei en laagverraad hulle Republiek afgeskryf en op ’n skinkbord aan die ANC en Bolsjewiste oorhandig het. Daardie Afrikaners is vandag nog met ons. Weliswaar in twee kampe- die ja-stemmers en die nee-stemmers. Die ja-stemmers tevrede met hulle nuwe bedeling en die nee-stemmers op soek na ’n lappie aarde wat hulle graag onder “selfbeskikking “ van hulle heer en meester, die ANC sal wil ontvang. Dus, ’n nuutskepping, net so nuut soos hulle benadering oor ’n Boere-Afrikanervolk! Iets wat nog nooitbestaan het nie! Nie eers ’n begeerte om hulle ou veelrassige republiek te hernuwe nie!
Die gewese Boerevolk daarenteen, is besig om in al groterwordende getalle, die herstel van die twee Boere-Republieke op te eis en ’n nuwe aandrang op Vryheid op die tafel te plaas. ’n Voortsetting van die stryd van ons voorsate wat in 1902 opgeskort is. Dit spreek vanself dat die tye verander het met ’n nuwe besettingsmag om mee rekening te hou. Die Britse aandeel aan ons Boervolk se knegskap, staan egter nog.
Enigeen wat die bestaan van twee aparte “volkere” wil ontken, misken die geskiedenis. En enigeen wat wil voorgee dat Boer en Afrikaner dieselfde is, is besig met ’n gruwelike mistasting. Daarom kan daar nie sprake wees van “verdelers” net omdat die Boervolk wil terugkeer na sy wortels toe nie en verloopte en verwarde Afrikaners graag die meerderheid “plakkers” iewers wil wees nie!
Die Boerevolk se eis is ’n regmatige eis. Die probleme wat daarmee gepaardgaan is ons s’n en die oplossing daarvan sal ook ons s’n wees sonder die inmenging van Afrikaners. Mense wat iets “bymekaar” wild wing wat nie uit innerlike oortuiging bymekaar hoort nie, is die ware verdelers en onminsaaiers!
Laat my volk trek!
Piet Rudolph vir Boere-Republiekeine : e/pos piet.rudolph@gmail.com